Kreatief & Uniek

cropped-FullSizeRender.jpg

Die Perfekte ontwerpe is deur myself gevind toe ek verloof geraak het. Ek was in my element! Ek het ‘n idee gehad van wat ‘n suksesvolle troudag behels. Een van die eerste dinge wat ek moes reël was die trou skryfbehoeftes, wat ek later gevind het regtig moeilik was! Niks was hoe ek dit wou hê nie en dit wou net nie pas by die styl van ons dag nie. Orals waar ons gekyk het sien ons dieselfde tradisionele uitnodigings toegedraai in tierlantyntjies en lint! Met ‘n oog vir enige iets mooi, het ek besluit om self die taak aan te pak. Ons het ‘n idee gehad van wat ons wou hê, dit was ‘n klassieke uitnodiging wat sou pas by ons troue se tema. Almal was mal oor ons uitnodigings, en ons het soveel positiewe terugvoer van hulle gekry, toe het ek besluit dat trouskryfbehoeftes iets is wat ek kon doen! Intussen het my werk so gewild geraak dat ek dit nou voltyds doen. My styl het beslis verander sedert die begin. Ek dink dat ek my styl kan beskryf as ‘n moderne-vintage gevoel , maar dan dink ek my styl verander net soos troues, tendense en eras. Intussen het ek  baie kliente en verskaffers ontmoet wat nuwe geleenthede voortgebring het.  Ek kan dus baie kompeterend meeding met enige drukwerk, grafiese ontwerpe, webblaaie en korporatiewe bemarking. Ek is absoluut mal oor persoonlike ontwerpe en raak opgewonde met elke nuwe bestelling want dit is my passie. Ek is so bevoorreg om dit elke dag te kan doen!

FullSizeRender (1)